Description
Sy gee voor om dit nie te sien nie. Volg hom woordeloos teen die halfskemer sementtrap af. Aan die onderpunt van die trap sluit hy ’n groengeverfde deur oop en staan opsy.
“Step inside your temprorary parlour,” en hy maak ’n galante buiginkie.
Sy tree onseker vorentoe. “Waar skakel ek die lig aan?”
Die volgende oomblik tref ’n hou haar teen die rug, so hard dat sy handeviervoet in die donker op die vloer beland.
Ná twaalf hellejare aan die sy van die narsissistiese patologiese leuenaar Gerhardus, kry Marja via die internet ’n pos as bestuurder van ’n gastehuis in die distrik van Maclear. Sy vlieg weg van haar armoedige grootwordjare en die leë vertoon van haar getroude lewe tot diep in die Oos-Kaap waar haar ma of eksman haar nie kan opspoor nie. Na ’n plek waar sy op ’n bergkrans wil sit, vir die grysduikertjies viool wil speel en tot verhaal kom.
Toe sy in die afgeleë Drakensbergwêreld in ’n slagyster beland, besef sy sy sal die nuwe oorlog met haar gebrekkige kennis van sielkunde moet wen. Haar ankers is herinneringe aan ’n tuintjie met swaelstertskoenlappers, die klank van ’n viool en die diep medemenslikheid
en sorgsaamheid van die mense van haar jeug, veral haar Selina-ma wat vetkoek en slaghoenders verkoop het om vir haar haar eerste viool te koop.
Te midde van maandelange foltering en aftakeling ontdek sy dat sy ook die tierwyfie in haar ma geërf het.